Knesset

Embleem van die Knesset

Die Knesset (Hebreeus: כנסת – HaKeneset, letterlik: die vergadering of die samekoms) is die volksverteenwoordiging van die Staat Israel. Die gebou van die Knesset lê in Israel se hoofstad Jerusalem.

Die parlement bestaan uit 120 lede, waaronder 'n voorsitter. Die lede geniet immuniteit en word volgens eweredige verteenwoordiging verkies. Die huidige voorsitter is Amir Ohana van die Likud-party.

Die wetgewende mag berus by die Knesset, wat onderverdeel is in kommissies. 'n Nuwe regering moet goedgekeur word deur die volksverteenwoordiging en ook kies die Knesset die president. Die lede van die regering is daarbenewens lid van die parlement (die huidige regering is die Netanyahu VI-kabinet).

Die Knesset mag sig ontbind en nuwe verkiesings uitskryf.


© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search